Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapstad-metro bekommerd oor drankverwante voorvalle

Die Kaapstad-metro is bekommerd oor die getal alkohol-verwante inhegtenisnemings nadat hulle die afgelope week 131 mense in hegtenis geneem het.

Die meeste was vir dronkbestuur.

In ’n verklaring sê die metro wetstoepassers het die afgelope week 98 motoriste in hegtenis geneem, daar is op 253 motors en 85 selfone beslag gelê en 66 585 boetes is vir verskeie oortredings uitgereik.

Meer as 80% van die inhegtenisnemings was vir dronkbestuur waar die skuldiges by 13 padblokkades in en rondom die stad vasgetrek is. By ’n padblokkade Saterdagmiddag in Brackenfell is 16 dronkbestuurders vasgekeer.

Meer as 80% van die inhegtenisnemings was vir dronkbestuur waar die skuldiges by 13 padblokkades in en rondom die stad vasgetrek is.

Nóg 16 is in Vishoek gevang.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê hoewel die voorvalle nie verrassend is nie, is dit steeds kommerwekkend. “Ons poog al vir jare lank om die dronkbestuur-kultuur hok te slaan, maar dit lyk asof motoriste hulle nie aan die gereg steur nie.

“Die feit dat dronkbestuursake so lank op die hofrol bly en daar nie dadelik teen die oortreders opgetree word nie, help ook nie.”

Hy sê dronkbestuur is ook net een aspek van al die probleme wat met oortollige drankgebruik gepaardgaan.

“Met die Covid-19-pandemie het die gesondheidsektor alle moontlike hulp nodig. Ons doen daarom ’n beroep op die publiek om drank op ’n verantwoordelike en veilige manier te gebruik en dit nie te misbruik nie.”

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Koronavirus  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.