Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapstad-metro gee R535 m. vir wetstoepassing

Die Kaapstad-metroraad wil in die volgende boekjaar R535 miljoen bestee om wetstoepassing te verbeter, in ’n tyd dat “dit duidelik is dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) onderbegroot is”.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê die metroraad se wetstoepassingsbeamptes kan nooit die SAPD vervang nie, maar dit is duidelik dat die SAPD te min hulpbronne het.

“Terwyl ons verder baklei om te verseker dat die nasionale regering aan dié tekortkoming aandag gee, kan ons nie toelaat dat ons gemeenskappe sit en wag totdat dit gebeur nie,” sê Plato.

Die kapitaalbegroting van R535 miljoen vir die direktoraat veiligheid en sekuriteit gaan onder meer gebruik word om voertuie en toerusting te koop en om geriewe te verbeter van die vyf departemente wat onder die direktoraat val, waaronder die metropolisiediens en die verkeersafdeling, die brand-en-reddingsdiens en rampbestuur.

Terwyl ons verder baklei om te verseker dat die nasionale regering aan dié tekortkoming aandag gee, kan ons nie toelaat dat ons gemeenskappe sit en wag totdat dit gebeur nie.

Een van die planne van die metroraad is om ’n toegewyde wetstoepassingsbeampte in elk van die 116 wyke in die stad te ontplooi. Dit is bykomend tot die 100 ekstra beamptes wat in Bonteheuwel, Valhalla Park en Bishop Lavis ontplooi gaan word, sê Plato.

Die wetstoepassingsbeamptes wat na elke wyk uitgeplaas sal word, moet met die plaaslike gemeenskap, raadslede, die buurtwagte en die SAPD saamwerk en die spesifieke behoeftes van daardie wyke identifiseer.

Hulle sal na verwagting van Desember af ontplooi word.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê hy besef daar is ’n ernstige vraag na meer veiligheidsmeganismes oor die metro heen. Met die nuwe begroting gaan daar nog meer voertuie gekoop word asook toerusting en ekstra kringtelevisiekameras.

Smith sê dit is belangrik vir die metroraad dat inwoners se lewensgehalte verbeter. Veiligheid speel ’n groot rol hierin.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Dan Plato
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.