Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapstad-metropolisie slaan slag teen dwelms, onwettige sigarette
R1,2 miljoen in kontant is ook gevind. Foto: Verskaf
Die dagga en mandraxtablette waarop die Kaapstad-metropolisie die afgelope naweek in die Strand beslag gelê het.Foto: Verskaf

'n 50-jarige man is die naweek in die Strand aangekeer toe lede van die Kaapstad-metropolisie dagga, Mandraxtablette asook R1,2 miljoen kontant in sy besit gevind het.

Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Kaapse metropool, het metropolisiebeamptes op ’n huis toegeslaan ná ’n wenk oor die verkoop van dwelms op die perseel.

“Met die polisielede se aankoms het ’n man probeer om dagga en Mandraxtablette in ’n laai in die kombuis te versteek. Die perseel is deurgesoek wat tot die ontdekking van twee swartsakke vol kontant van R1,2 miljoen gelei het. Die man kon nie verduidelik hoekom hy so baie kontant het nie en is gearresteer,” sê Smith.

Metropolisiebeamptes het ook die naweek op nog ’n wenk van die publiek gereageer en op ’n plastiekhouer met 75 sakkies dagga in ’n buitekamer van ’n huis in Kalkfontein afgekom. Die eienaar van die huis, wat nie tuis was nie, word gesoek.

In ’n afsonderlike voorval is ’n 42-jarige man in Old Marine-rylaan met 73 kartonne sigarette met ’n geraamde straatwaarde van sowat R175 200 in sy besit betrap. Die man is in hegtenis geneem vir oortreding van die Wet op Rampbestuur en sal eersdaags in die hof verskyn.

Meer oor:  Kaapstad  |  Metropolisie  |  Dwelms  |  Onwettige Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.