Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kabeldief se lyk gekry nadat buurt se krag afgaan

Tegnici van City Power het Woensdagaand op die lyk van ’n man afgekom toe hulle uitgeroep is om te kyk wat ’n kragonderbreking in die Wes-Randse woonbuurt Fleurhof veroorsaak het.

Luidens ’n verklaring deur City Power, elektrisiteitsverskaffer van die Johannesburg-metro, is die tegnici omstreeks 22:00 uitgestuur na die Pennyville/Halite-verspreider nadat dit uitgeskop het.

Die saag wat naby die man se lyk gelê het. Foto: City Power
Die kabel wat gesny is. Foto: City Power

“By nadere ondersoek, het die tegnici afgekom op die man wat doodgeskok is. Hy is vermoedelik dood terwyl hy die elektriese kabel probeer steel het. Hy het naby die 11 Kv-kragmas gelê en die elektriese kabel wat die oorhoofse kraglyn van elektrisiteit verskaf, was gesny. Sy gereedskap het naby hom op die grond gelê.”

Die nooddienste en polisie was op die toneel.

City Power het ’n waarskuwing gerig oor die gevare van vandalisme van infrastruktuur.

Die bestuur het ook hul medelye uitgespreek met die naasbestaandes van die man wat dood is, en benadruk dat die voorval weer wys hoe gevaarlik dit is om elektrisiteitsinfrastruktuur te vandaliseer.

“Kabeldiefstal is ’n ernstige probleem, nie net omdat dit ons kliënte verontrief nie, maar ook omdat ons miljoene rand in inkomste verloor,” sê Mongezi Ntsokolo, uitvoerende hoof.

Dele van Fleurhof was teen Donderdagoggend steeds sonder krag en ’n span is uitgestuur om die kabel te vervang.

“Ons vra om verskoning aan die inwoners wat hierdeur geraak is.”

Meer oor:  Wes-Rand  |  Fleurhof  |  City Power  |  Kabeldiefstal  |  Kragonderbreking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.