Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kabeldiefstal by treinstasies ‘genadeloos’

In ’n onlangse geval van kabeldiefstal by die Nyanga-treinstasie is die skuldiges vasgetrek, maar dit is net ’n simptoom van ’n groter probleem.

So meen beamptes van die Kaapstad-metro na die inhegtenisnemings deur die metropolisie en verkeersdienste Sondag toe die diewe op heterdaad betrap is.

Drie mans is raakgesien waar hulle besig was om kabels te steel by die stasie, en beamptes kon gou genoeg op die toneel kom om hulle te vang.

Koperkabels is in die besit van die verdagtes, tussen 30 en 33 jaar oud, gevind. Hulle is na die Manenberg-polisiekantoor geneem.

“Die aanval op infrastruktuur, veral op die spoornetwerk, is genadeloos,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid in die Kaapstad-metro.

“Die vinnige reaksie van die metropolisiebeamptes is prysenswaardig, maar dit is noodsaaklik dat die strafregstelsel skuldigbevindings en lang tronkstraf vir kabeldiewe verseker.

“Dit sal ’n boodskap stuur dat kabeldiefstal en die beskadiging of diefstal van ander infrastruktuur nie goedgekeur kan word nie. Afgesien van die groot impak op gemeenskappe, knou dit steeds ons ekonomie in ’n tyd waarin ons dit skaars kan bekostig.”

Elders het metropolisiebeamptes 13 verdagtes in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank, roekelose en nalatige bestuur en die besit van dwelms.

In een geval het polisiebeamptes gehelp met die uitvoering van ’n deursoekingsbevel in die Site 5-informele nedersetting in Table View. Hulle het 113 sakkies dagga, twee tasse vol dagga en R168 kontant gevind. ’n 31-jarige verdagte is na Milnerton-polisiekantoor geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.