Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kabeldiefstal ontwrig treindienste
Treine op die noordelike lyn is opgeskort nadat kabels gesteel is.

Metrorail het sy treindiens op hul noordelike lyn tussen Kuilsrivier en die Strand tydelik opgeskort weens die diefstal van oorhoofse kabels.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, sê hul diens is erg beïnvloed nadat 268 meter se kabels tussen Kuilsriver en Bellville oornag gesteel is.

Scott sê tegniese spanne is reeds hard aan die werk om die skade te herstel.

“Die uitgaande Muldersvlei-treine na Kaapstad word via Kraaifontein herlei. Die Metrorail-diens tussen Bellville en Strand is ook tydelik opgeskort totdat die herstelwerk voltooi is,” het Scott gesê.

Sy het gesê pendelaars moet hul eie weg vind tussen die twee stasies.

Oorhoofse kabels lê op die grond nadat vandale toegeslaan het.
Meer oor:  Metrorail  |  Kuilsrivier  |  Strand  |  Openbare Vervoer  |  Kabeldiefstal  |  Treindienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.