Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kabeldiewe in Mpumalanga vasgevat

Die polisie in Mpumalanga het ’n slag teen koperkabeldiefstal geslaan toe hulle die afgelope week op gesteelde koperkabel beslag gelê en agt vermeende koperkabeldiewe in hegtenis geneem het.

Die agt verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem toe die polisie inligting ontvang het van vermoedelik misdadige bedrywighede op ’n plaas in Ogies, sê brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hulle het die inligting opgevolg en die verdagtes aangekeer toe hulle vermoedelik gesteelde koperkabel ter waarde van sowat R50 000 op ’n vragmotor wou laai.

Van die polisielede wat by die arrestasie betrokke was. Foto: Verskaf

Die verdagtes is tussen 25 en 55 jaar oud en het Maandag op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die landdroshof in Ogies verskyn.

In ’n tweede voorval het die polisie se nasionale reaksiespan op 16 September op gesteelde koperkabel ter waarde van sowat R700 000 by ’n myn in Hendrina beslag gelê. Volgens Hlathi was die koperkabel in ’n mynskag van die ou Boschmanspoort-myn versteek.

Die polisie het met hul aankoms op die toneel op sowat 30 gewapende verdagtes afgekom. Hulle het verskeie skote op die polisie geskiet terwyl hulle die myn ingevlug het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die vermoedelik gesteelde koperkabel. Foto: Verskaf
Meer oor:  Mpumalanga  |  Kabeldiewe  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.