Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kabinet ‘steun bekamping van misdaad teen boere’

Die landbougemeenskap is ’n integrale deel van Suid-Afrika se ekonomie en daarom hou misdaad op plase nie net ’n gevaar in vir die persoonlike veiligheid van plaasboere en -werkers nie, maar ook vir die land se voedselsekerheid.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het dit Donderdag gesê toe hy terugvoering gegee het oor die besluite wat pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet Woensdag op ’n virtuele vergadering geneem het.

Landelike veiligheid was een van die hoofbesprekingspunte op die vergadering.

Gee hulle vir ons, vra betogers in Bronkhorstspruit. Foto: Isabel Venter

Die kabinet ondersteun volgens Mthembu daarom ten volle die werk van die polisie om die misdadigers wat by wrede misdade oor die land heen betrokke is, “wat die moorde op en verminking van plaasboere en -werkers insluit”, in hegtenis te neem.

“Die regering bespoedig daarom die implementering van die hersiende nasionale landelike veiligheidstrategie om op die veiligheidsbehoeftes van landelike gemeenskappe te reageer en om maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling te steun.

“Die kabinet doen ook ’n beroep op die nasie om die polisie te help in die stryd teen misdaad deur hulle by gemeenskapspolisiëringsforums aan te sluit of om misdaad by hul naaste polisiekantoor aan te meld.”

Volgens Mthembu kan misdaad en misdadigers ook deur die tolvrye Stopmisdaadnommer, 086 001 0111, aangemeld word. ’n Anonieme SMS daaroor kan ook na Crimeline by 32111 gestuur word.

“Ons moet saamwerk om misdaad in ons land en gemeenskappe uit te roei en om ons land veiliger vir almal te maak,” het Mthembu gesê.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  Cyril Rama­Phosa  |  Parlement  |  Polisie  |  Plaasmoord  |  Betogings  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.