Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kameroense kletsrymer in Bellville doodgeskiet

“Moet my asseblief nie doodmaak nie.”

Die huis in Oakdale, Bellville, waar ’n Kameroense kletsrymer Donderdagoggend doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais

Dit was Donderdagoggend glo die laaste woorde van ’n Kameroense kletsrymer bekend as King Buff, voordat hy by sy blyplek in Bellville doodgeskiet is. Hy is sewe keer geskiet.

’n Bron het gesê King Buff se regte naam is Ricky. Hy weet egter nie wat sy van is nie.

Buff en sy meisie was glo omstreeks 03:40 die oggend in hul tuinwoonstel wat hy die afgelope drie jaar by ’n gesin in Barnardstraat in Oakdale, Bellville, gehuur het.

Volgens die bron het minstens twee onbekende mans in die vroeë oggendure toegang tot die erf gekry. Hulle het glo ’n hek wat na die agterplaas lei, oopgebreek.

Die mans het daarna toegang tot die woonstel gekry deur ’n veiligheidshek wat nie gesluit was nie.

Volgens die bron is Buff in die woonstel aangeval, gewurg en aangerand. Die bron het sê Buff het daarin geslaag om van een van sy aanvallers weg te kom. “Hy het nog vir hom geskree ‘so julle wil my doodmaak?’ ”

Die bron sê die aanvaller het Buff na buite gevolg waar die bakleiery voortgegaan het.

“Hy kon weer van die man wegkom en het na die ander kant van die huis gehardloop. Hier het ’n man met ’n vuurwapen hom voorgekeer. Buff het gevra dat hulle hom nie moet skiet nie.”

Hy is egter geskiet en is op die toneel dood.

Lt.kol. Andrè Traut sê dat twee mans in ’n onbekende voertuig van die huis af weggejaag het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die motief vir die moord is nog onbekend.

Meer oor:  Bellville  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.