Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kanada-moord: Psigiater moet beskuldigde ondersoek

Die tweede verskyning van ’n man wat na bewering ’n Suid-Afrikaanse dokter in Kanada vermoor het, het Woensdag in ’n chaos ontaard toe hy begin gil en die regter telkens onderbreek het.

Regter Bert Skinner het die saak uitgestel en gelas dat Deng Mabiour (54), ’n Soedannees, vir psiagiatriese waarneming gestuur word.

Hy het na bewering op 10 Augustus by ’n kliniek in Red Deer in Alberta ingestap en dr. Walter Reynolds wreedaardig aangeval. Hy staan tereg op aanklagte van aanranding met ’n wapen en die aanranding van ’n polisiebeampte.

Dr. Walter Reynolds Foto: Primary Care Network

Mabiour het met sy eerste hofverskyning ’n maand gelede verward voorgekom en aan die regter gesê dat hy siek is en nie kan onthou wat gebeur het nie.

Hy het Woensdag via kringtelevisie weer in die hof in ’n blou oorpak verskyn, berig CBC.

Gevra of hy die aanklagte teen hom gelees het, het hy geantwoord: “Ek weet nie.”

Toe die aanklagte weer in die hof aan hom voorgelees is, het Mabiour geweier om dit te erken.

“Niemand het my gevra waarom ek my huisdokter vermoor het nie,” het hy skielik uitgeroep.

“Jy wil nie hê ek moet sê waarom ek my huisdokter vermoor het nie. Ek het ’n rede waarom ek my huisdokter vermoor het.”

Mabiour het Skinner herhaaldelik onderbreek en gesê korrupsie sal verhinder dat hy regverdig behandel word, berig Global News.

Hy het gesê hy wil nie ’n prokureur wil hê nie, want ’n Kanadese prokureur sal nie goed vir hom wees nie. Hy het vroeër om regshulp aansoek gedoen, maar het sy versoek teruggetrek.

Skinner het beveel dat Mabiour vir ’n psigiatriese ondersoek gestuur word om vas te stel of hy geskik is om met die hofverrigtinge voort te gaan.

Die saak is tot 14 September uitgestel.


Meer oor:  Bert Skinner  |  Kanada  |  Alberta  |  Red Deer  |  Deng Mabiour  |  Misdaad  |  Walter Reynolds  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.