Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kankerlyer (72) in aanval met panga beseer

Lewerkanker is onlangs gediagnoseer by Gert Gagiano (72), wat Dinsdagaand op sy plaas, Kotzeshoop, in Vioolsdrif met ’n panga aangeval is.

Hy het ’n diep wond aan sy kop en beserings aan sy hande opgedoen. Hy is Donderdag uit die hospitaal in Springbok ontslaan.

Beatie Gagiano (66) en haar man, Gert (72), by hul kleinseun Cilliers (3).

Sy seun Jaco (31) sê die gesin het juis oor sy pa se siektetoestand besluit om hom vir verdere toetse na ’n hospitaal in Kaapstad te neem. Dokters het glo aangedui dat hy nie meer baie tyd oor het nie.

Hy en sy ouer broer, Derek (35), het Woensdag na Springbok gery om hul pa en ma, Beatie (66), wat nog nie weer terug na die plaashuis is nie, by te staan. Hulle sal hul ouers Donderdag Kaapstad toe neem.

“Dit is vir ons moeilik. Die aanval kom op ’n baie slegte tyd, veral vir my ma. Sy het onlangs haar suster en haar ma einde verlede jaar verloor,” sê hy.

“Ons is nog nie seker na watter hospitaal ons gaan nie. Ek vermoed dalk Panorama,” sê hy. “Ons wil net seker maak dat alles oukei is. ’n Mens weet nooit.”

Die aanval op die plaas het Dinsdag omstreeks 23:00 gebeur toe die egpaar en Gagiano se suster, Alwyna Nolte (62), reeds in hul kamers was. Nolte het ’n flitslig in die huis opgemerk en na die hoofslaapkamer gegaan om haar broer te roep. Die drie aanvallers was egter kort op haar hakke.

LEES MEER: Panga-aanvallers sak toe op plaas buite Vioolsdrif

Die aanvallers het onder meer ’n panga by hulle gehad, en gedreig om Gagiano dood te maak as hy nie die kluis oopsluit nie. Sy vrou het dit oopgesluit en die aanvallers is met R75 000 en twee wapens vort.

Die polisie het Woensdag gesê ’n aantal mans is in verband met die voorval ondervra.

Meer oor:  Kankerlyer  |  Misdaad  |  Plaasaanval  |  Panga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.