Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kans groter dat jy in Kaap vermoor word

Die kans dat jy in die Kaapstad-metro vermoor sal word, is heelwat groter as in enige ander stad in Suid-Afrika, toon die jongste verslag oor die stand van stedelike veiligheid in Suid-Afrika.

Luidens die verslag, deur die organisasie Urban Safety Reference Group, is sowat 2 500 moorde in die 2017-’ 18-boekjaar in die Kaapstad-metro gepleeg. Sedert 2009-’10 het dié metro se moordsyfer met 60% gestyg, en in die laaste jaar met 13%.

Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris luister verlede jaar na die misdaadstatistieke.Foto: Argief

Dit is byna twee keer hoër as die ander agt metro-stede, naamlik die Johannesburg-metro, eThekwini (Durban), Ekurhuleni (Gauteng), Tshwane (Pretoria), Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth), Mangaung (Bloemfontein), Buffalo Stad (Oos-Londen) en Msunduzi (Pietermaritzburg).

Die polisie se misdaadstatistieke vir 2017-’18 wys dat Nyanga in die Kaapse metro die moordhoofstad van die land is. ’n Rekordgetal moorde van 308 is by die Nyanga-polisiekantoor aangemeld. Dit is 27 meer as die vorige boekjaar.

eThekwini het die tweede hoogste moordsyfer en Johannesburg die derde hoogste.

Tshwane het die laagste moordsyfer van al nege die stede.

Volgens die verslag speel toenemende verstedeliking waarskynlik ’n groot rol in die stygende misdaadsyfer. Alkohol, dwelms en die beskikbaarheid van vuurwapens is ook groot bydraende faktore.

“Polisieondersoeke en hofverrigtinge het korrupte polisiebeamptes aanspreeklik gehou vir die verspreiding van ongelisensieerde vuurwapens. Daar moet ook gefokus word op die voorkoming van alkohol- en dwelmmisbruik,” lui die verslag.

Seksuele oortredings in die Kaapstad-metro het met 40% afgeneem sedert 2008-’09. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 26% afgeneem in die laaste tien jaar en met 7% in die laaste jaar. Daar was ’n 28%-toename in dronkbestuur oor die laaste vyf jaar en 9% in die laaste jaar.

Die getalle aangehaal is voorvalle per 100 000 inwoners.

Die koers vir moord is 69 vir elke 100 000 inwoners, vir aanrandings is dit 268, vir rooftogte 484, vir eiendomsverwante misdade is dit 1 475, en vir seksuele oortredings 98.

Lees die volledige verslag HIER.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.