Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kantoor by hek van Voortrekker-monument beroof

Die Voortrekkermonument in Pretoria is Dinsdag soos gewoonlik oop ná ’n rooftog Dinsdag in die vroeë oggendure by die toegangshek se kantoor.

Die skade aan die kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria se toegangshek nadat rowers Dinsdagoggend vroeg daar toegeslaan het.

Drie rowers, waarvan twee gewapen was, het die kantoor skuins na 01:00 beroof. Hulle het die venster van die kantoor by die hoofhek gebreek en die kasregister en rekenaarskerm gegryp.

Hulle kon egter nie die rekenaar se hardeskyf steel nie, sê Cecilia Kruger, besturende direkteur van die monument, en voeg by dat die verdagtes ook die kamera by die hek gebreek het.

Die rowers het ook die hekwag aangeval en hom van sy persoonlike besittings beroof. Hy is lig beseer.

“Geen kontant word snags in die hekkantoor of die kantore op die terrein van die Voortrekkermonument gehou nie,” sê Kruger.

Volgens die hekwag was die mans nie Suid-Afrikaanse burgers nie.

Die polisie was reeds Dinsdagoggend vroeg op die toneel. Hoewel die rowers die kamera by die hek gebreek het, is daar beeldmateriaal wat met die polisieondersoek kan help.

“Die Monument gaan vandag (Dinsdag) voort met sy gewone openingsure en besoekers gebruik die alternatiewe hekkantoor,” sê Kruger.

Kapt. Augustinah Selepe, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en ondersoeke duur voort.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan hul naaste polisiekantoor kontak of 08600 10111 bel.

Meer oor:  Voortrekkermonument (Vtm)  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.