Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapenaars kan hier kla oor polisie se gedrag

Die polisieombudsman in die Wes-Kaap het Woensdag gesê Wes-Kapenaars wat klagtes het oor die gedrag van wetstoepassers tydens die staat van inperking, moet hul klagtes hieroor by sy kantoor indien.

Deidre Foster, woordvoerder in die kantoor van die ombudsman, sê dit het via sosiale media en ander kanale onder hul aandag gekom dat die polisie en ander wetstoepassers, insluitende die weermag, hardhandig is, kras taal gebruik en op ander onaanvaarbare wyses teenoor lede van die publiek optree.

Foster sê dat pres. Cyril Ramaphosa met die aankondiging van die 21 dae van inperking gesê het dat die veiligheidsmagte binne die wet moet optree en dat mense nie leed aangedoen mag word nie.

Ter illustrasie. Foto: Lulama Zenzile

“Inwoners word daarom aangemoedig om van ons aanlyn portaal gebruik te maak om enige klagtes oor die polisie en metropolisie se gedrag in te dien.”

Hy sê dat die ombudsman se kantoor die afgelope paar dae baie klagtes oor polisiegeweld van die publiek ontvang het, maar dat dit na die polisieondersoekdirektoraat (Opod) verwys is.

“Ingevolge ons mandaat moet Opod hierdie klagtes ondersoek,” sê Foster.

Klagtes kan aanlyn by www.westerncape.gov.za/police-ombudsman ingedien word, of kan per e-pos na ombudsman@wcpo.gov.za gestuur word.

Klagtes kan ook na Opod na die e-pos-adres complaints@ipid.gov.za gestuur word.

Lede van die publiek kan ook Opod se webtuiste, www.ipid.gov.za, vir meer inligting besoek.

Klagtes oor weermaglede se gedrag kan na die militêre ombudsman by intake@milombud.org gestuur word, of deur 080 726 6283 te bel.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Klagtes  |  Polisiegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.