Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers brand vragmotor in tonnel

Dit blyk dat die sluiting van die Daspoort-tonnel in Pretoria Woensdag in die vroeë oggendure nie weens ’n betoging was waartydens ’n vragmotor aan die brand gesteek is nie, maar wel as gevolg was van ’n kapingspoging wat misluk het.

Vroeër is berig dat die pad deur die toneel gesluit is omdat ’n vragmotor in ’n betoging aan die brand gesteek is en albei bane versper.

Die pad is omstreeks 08:00 weer oopgestel maar die voorval het die spitstydverkeer erg ontwrig.

Die kapers het omstreeks 04:00 op die vragmotor toegeslaan terwyl dit deur die tonnel gery het.

Sommige van die kapers het in die bestuurskajuit geklim en die bestuurder met ’n vuurwapen aangerand. Hulle wou hom dwing om die vragmotor verder te bestuur, omdat hulle vermoedelik nie self so ’n voertuig kon bestuur nie, het sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê.

Die bestuurder, wat toe reeds erg aangerand is, het uit die bestuurskajuit gespring en weggehardloop.

“Hy het by die Tshwane-metropolisie se kantoor gaan hulp soek. Ons lede is dadelik na die toneel, waar hulle die vragmotor in die tonnel aan die brand gevind het,” sê Mahamba.

Lede van die metropolisie kon nie naby die brandende vragmotor kom nie en daar was geen teken van die kapers nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Tonnel  |  Misdaad  |  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.