Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers gesoek wat man in Bryanston doodskiet
Foto ter illustrasie.Foto: Deaan Vivier

Die Gautengse polisie ondersoek die moord van ’n man wat Dinsdag in ’n kaping deur sewe gewapende rowers in Johannesburg geskiet is en later dood is.

“Die bestuurder en sy passasiers is omstreeks 21:00 deur die vermeende kapers in twee voertuie voorgekeer en die Range Rover waarin hulle gery het, is gekaap,” het kapt. Mavela Masondo, ’n polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Die voorval het in Bryanston gebeur.

Die kapers het die bestuurder gewond. Hulle het toe verder met die motor gery voor hulle die passasiers afgelaai het.

Volgens Masondo is die man na ’n plaaslike hospitaal geneem waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Die polisie het Woensdag die gekaapte voertuig verlate in Midrand gekry.

* Enigiemand met inligting kan die polisie by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Bryanston  |  Doodgeskiet  |  Kaping  |  Kapers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.