Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers jaag in polisiemotor vas
Die Toyota Yaris Woensdag nadat dit ’n polisievoertuig getref het. Foto: Facebook/Gordon’s Bay Security

Die vyf insittendes van ’n gekaapte motor het Woensdag in die Wes-Kaap hul rieme styfgeloop toe hulle in ’n polisievoertuig vasgery het.

’n Polisielid wat in die voorval beseer is, is deur GBMED Rescue behandel en na ’n hospitaal geneem.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het polisielede ’n wit Toyota Yaris opgemerk in Lwandle in die Strand, wat voldoen het aan die beskrywing van ’n motor wat vroeër die dag in Parow gekaap is.

Hulle het die motor agternagesit, waarna die jaagtog in Firlands tot ’n einde gekom het nadat die voortvlugtendes vasgejaag het in een van die ander polisievoertuie wat hulle voorgelê het.

Vyf mans, wat tussen die ouderdomme van 26 en 35 jaar is, is in hegtenis geneem.

It was an overcast Wacky Wednesday afternoon.The guys were busy with their midday patrols in various sectors covering...

Posted by Gordon's Bay Security on Thursday, 26 November 2020

Rwexana sê ’n saak van die besit van ’n gekaapte voertuig is geopen en nog klagte van roekelose en nalatige bestuur is bygevoeg.

Hulle sal Vrydag in die landdroshof in die Strand verskyn.

Dit blyk uit inligting op Gordon’s Bay Security se Facebook-blad dat hulle in kennis gestel is toe die Yaris die Strand-gebied binnegekom het. Organisasies soos buurtwagte is in kennis gestel, en verskeie van die maatskappy se voertuie en polisievoertuie het uit alle rigtings aangery gekom.

Die Yaris het dit tot op die N2 gemaak en in die rigting van Grabouw gedraai.

By die vulstasie in Firlands het die voertuig skielik omgedraai en terug in die rigting van die Strand gejaag.

Die geregsdienaars het die Yaris egter op die kruising van Broadlands en die N2 ingewag. Die motor het toe glo probeer om deur al die polisievoertuie te jaag.


Meer oor:  Kapers  |  Polisie  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.