Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers oorval paar in Bloemfontein voor hul huis

’n Jong paartjie van Bloemfontein wat in die oprit van hul huis in Dan Pienaar beroof is, kry steeds terugflitse van die traumatiese gebeure.

Twee gewapende mans het Michael Britz (20), ’n vakleerling in dieselwerktuigkunde, en Jenelle Hendricks Vrydagaand oorval en sy Opel Corsa-bakkie gekaap. Die voorval het albei erg getraumatiseer.

Die bakkie is Sondag verlate in die Batho-township gevind en slegs die sleutels word vermis.

Die paartjie was Vrydag omstreeks 20:20 op pad na familie in Wilgehof toe twee mans verby hul huis in Leipoldstraat gestap het. Hulle het nie onraad vermoed nie en Britz het voortgegaan om die bakkie in die erf te parkeer en die huis te sluit. Hendricks het in haar motor in die straat gewag dat Britz die hek sluit.

Sy het probleme met die kragstuur ondervind en toe Britz by die passasierskant inklim, het hy haar aangeraai om die motor af en weer aan te skakel. Skielik het die twee mans aan weerskante van die motor verskyn.

“Hulle het geen maskers of handskoene aangehad nie. Hulle het gewoon gelyk, asof hulle iewers heen op pad is.

“Hulle het gelyktydig albei motordeure oopgeruk. Een het ’n vuurwapen gelaai voordat hy dit teen my nek en toe teen my kop gerig het, terwyl die ander een my meisie se arm gegryp het.”

Britz sê die een man het alles, insluitend ’n selfoon, kontant, asook die bakkie se sleutels van hom geëis.

“Hy wou weet watter sleutel die hek s’n is. Hy het op my meisie gelê en ons beveel om stil te bly.”

Die een kaper het met die bakkie uit die erf gery en langs Hendricks se motor gestop, waarna die tweede man by hom ingeklim het.

Britz sê op daardie oomblik kon hy niks doen nie en het net alles gegee wat hulle geëis het.

“Allerhande emosies gaan deur jou. Jy is kwaad, emosioneel en paniekbevange, maar jy kan niks daaraan doen nie.”

Die polisie ondersoek ’n klag van motorkaping.

Enigeen met inligting kan kapt. Kelaotswe Lucas Lebodi by 082 043 9522 bel.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Beroof  |  Gekaap  |  Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.