Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers val vrou, vriend aan ‘met soveel haat’
Marlene HurfordFoto: Facebook

Dit was ’n aanval met soveel “haat en rassistiese opmerkings”.

“Vandag vrek julle wit bliksems,” het een van drie aanvallers vir Marlene Hurford (42) en ’n familievriend gesê toe hul bakkie Woensdagmiddag in Rustenburg gekaap en hulle aangerand is.

Grant Short, familievriend, is sowat 20 keer met ’n skerp voorwerp gesteek.

Hurford is ’n gr. 3-onderwyseres in die dorp. Sy ry daagliks dorp toe met haar man, James, se bakkie en neem ook haar kleindogter na ’n kleuterskool en gaan haal haar smiddae. 

Die bakkie het egter Woensdagmiddag probleme gegee. Hurford het Short gebel om haar te kom oplaai.

Voordat hulle by die kleuterskool gekom het, het drie mans naby die begraafplaas op die sogenaamde Kloofpad omstreeks 15:15 agterop die bakkie gespring. 

Een van die mans het ’n skerp voorwerp teen Short se keel gehou en gesê hy moet aanry.

Die aanvallers het Hurford aangerand en haar besittings en geld geëis. 

“Toe ek nie genoeg geld in my beursie het nie, toe word ek in die gesig geskop. My ringe is van my vingers afgeruk en my vingers is gebreek.”

Die aanvallers het Hurford daar gelos, met Short weggery en hom sowat 20 keer gesteek. 

Die aanvallers het Short by die bakkie uitgegooi en daarin weggery. 

Hurford het sowat ’n halfuur by die pad gewag voordat ’n verbygaande motoris haar gehelp het.

“Die mense stop nie. Die wit mense kyk vir jou en ry dan aan.”

Die bakkie, selfone, geld, juweliersware en ’n tablet is geroof.

“Hulle wou ons meer leed aangedoen as beroof het. Hulle het alles met soveel haat gevat.”

Hurford en Short is na die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg gebring. Albei is intussen ontslaan.

Hurford se wangbene en oogbank is gekraak en haar neus en twee vingers is gebreek. 

Ek sukkel so om te slaap, want ek sien daai gesig,” sê sy. 

Sy sê nadat sy haar gesteelde tablet geblokkeer het, het die aanvallers die laaste nommer wat sy gebel het gekontak en gedreig: “You white bitch, we are com­ing for you.” 

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het gesê klagte van motorkaping en aanranding word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Aanval  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.