Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers vas wat glo R2 m. se toiletware steel
Ter illustrasie

Vyf buitelanders is in hegtenis geneem nadat ’n vragmotor by Irene, Pretoria, gekaap en van sowat R2 miljoen se skoonmaakmiddels en toiletware beroof is.

Drie Zimbabwiërs, een Malawiër en een Nigeriër - almal tussen 26 en 36 jaar oud - word op ’n aanklag van die besit van gesteelde goedere by die polisiekantoor in Kempton Park aangehou.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), sê die vragmotor is Vrydagaand gekaap op die R21 naby Irene. Hy was op pad na Botswana.

Afgesien van skoonmaakmiddels, het die vragmotor ook seep, tandepasta en reukweerder vervoer.

Die vragmotor se opsporingstelsel het beamptes na die R25 in Bapsfontein gelei waar die vragmotor Saterdag sonder sy vrag gevind is.

Van die gesteelde goedere is gevind in die omgewing van Kempton Park, waar die verdagtes ook later aangekeer is. - News24

Meer oor:  Misdaad  |  Diefstal  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.