Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaping: Metropolisielid skiet man dood by verkeerslig

’n Man is Donderdagoggend dood nadat ’n lid van die Durbanse metropolisie hom by ’n verkeerslig in Pinetown in KwaZulu-Natal met sy dienspistool doodgeskiet het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die metropolisieman het by ’n verkeerslig in Anderson-straat in Pinetown stilgehou toe drie mans ’n motor wou kaap.

“Die metropolisiebeampte het sy dienspistool uitgetrek en skote afgevuur. ’n Man is noodlottig gewond,” sê Cola.

Dit is nie bekend of die man een van die vermeende kapers was nie.

“Die ondersoek is nog in ’n vroeë stadium. Een van ons ondersoekers is na die misdaadtoneel gestuur en die vuurwapen wat gebruik is, is vir ballistiese ontleding gestuur. Die uitslag van die voorlopige ondersoek sal die weg vorentoe bepaal,” sê Cola.

Parboo Sewpersad, metropolisiewoordvoerder van eThekwini, het nie dadelik op navrae oor die voorval gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.