Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaping ontvou voor polisieman se oë

Twee kapers het salig onbewus daarvan dat ’n polisieman ’n ooggetuie van hul misdaad is, ’n poskantoorvoertuig gekaap.

Volgens kapt. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was konst. Wayne Appolis van die Algoa Park-polisiekantoor Woensdag om 16:35 in Sidwell in Port Elizabeth besig met ’n ondersoek toe hy die kaping gadegeslaan het.

Hy het gesien hoe ’n poskantoorwerker, wat sy laaste pakkie van die dag in Hartstraat afgelewer het, terugstap na sy voertuig. Twee mans het hom genader en met ’n vuurwapen dreig. Hy is oorweldig en die kapers het in sy Nissan-bakkie weggery.

Appolis het die bakkie dadelik agternagesit.

“Hy was alleen in ’n ongemerkte polisievoertuig en ’n jaagtog deur die strate het gevolg en op die parkeerterrein van die bruin woonstelgeboue in Sidwell geëindig. Die verdagtes het toe in die polisievoertuig vasgery.”

Die kapers het uit die bakkie gespring en in verskillende rigtings laat spaander.

Appolis het een van die verdagtes met die hulp van die gemeenskap vasgetrek toe hy by die trappe van die woonstelgebou opgehardloop het.

Volgens Naidu is die 37-jarige verdagte op klagte van kaping en roekelose bestuur in hegtenis geneem. Sy makker word steeds gesoek.

Maj.genl. Thembisile Patekile, distrikskommissaris van Nelson Mandelabaai, het Appolis geloof vir sy goeie werk.

Hy het ook die lede van die gemeenskap bedank wat Appolis gehelp het om die verdagte vas te trek.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.