Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaptein in weermag vasgetrek oor transito-rooftog

’n Weermagkaptein wat met ’n medalje vir lojale diens beloon is, word verbind met ’n transitorooftog verlede Maandag by ’n vulstasie in Oudtshoorn.

Die 36-jarige kaptein is Vrydag in hegtenis geneem en is nou die vierde beskuldigde wat aangekla word in verband met die rooftog. Die ander drie is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Die drie is vasgetrek nadat veiligheidswagte van Fidelity Cash Solutions beroof is terwyl hulle kontant by ’n vulstasie afgehaal het, lui ’n verklaring van die Valke in die Wes-Kaap.

“Een van die veiligheidswagte is deur twee gewapende verdagtes voorgekeer toe hy op pad terug na sy gepantserde voertuig was. Hy is van sy dienspistool en van ’n sak met kontant beroof.

“Minute ná die roof het die Valke se span ’n Nissan Sentra voorgekeer en drie insittendes in hegtenis geneem. Die voertuig is deurgesoek wat gelei het tot die beslaglegging op die gesteelde vuurwapen van die veiligheidswag en die verseëlde geldsak met die kontant asook ’n tweede vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is.”

Die Valke-span het ook ’n volledige weermaguniform in die Nissan Sentra gevind. Nie een van die drie insittendes was soldate nie. ’n Medalje vir lojale diens was aan die uniformbaadjie vasgepen met die naam en rang van die weermaglid.

Hy is verbonde aan die weermag se infanterieskool.

Die ondersoekers het bevind dat die rooftog nie met die Sentra uitgevoer is nie, maar met ’n wit Toyota Tazz met vervalste nommerplate.

Daar is vasgestel dat die weermagkaptein die bestuurder van dié voertuig was.

“Inligting dui daarop dat die wit Toyota Tazz van die misdaadtoneel weggejaag het en langs ’n silwerkleurige of blou Nissan Sentra stilgehou het, waar die gesteelde goedere van die Toyota Tazz na die Nissan Sentra oorgeplaas is,” sê die Valke.

Speurders van die Valke het Woensdag inligting ontvang oor waar die Tazz is en die voertuig is in die motorhuis van ’n huis in Oudtshoorn aangetref.

Dié huis is nie ver van die infanterieskool nie. Die stel vals nommerplate wat in die rooftog gebruik is, is in die voertuig gevind.

Die Valke het die weermagkaptein in hegtenis geneem en hy sal Maandag in die landdroshof op Oudtshoorn verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Transitorooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.