Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Karwag’ breek by Jhb-kunsgalery in, rig skade aan

Die werke van ’n paar kunstenaars is beskadig nadat ’n besope man wat hom as ’n karwag voorgedoen het, ’n klip deur ’n venster van die Henry George-kunsgalery in Parkhurst, Johannesburg, gegooi het en toe die gebou betree het.

Die groepuitstalling Wunderkammer is Donderdagaand hier geopen.

Die voorval het eers gebeur nadat die gaste weg is en die galery gesluit is.

Kunswerke ná ’n inbraak by die Henry George-galery in Parkhurst, Johannesburg.

Die uitstalling bestaan uit 140 kunswerke deur 40 kunstenaars.

Darryl Gray, kurator van die galery, sê die man het ook ’n glaskabinet omgestamp.

Die man was vermoedelik onder die invloed van drank of dwelms.

“Toe hy die prysetikette sien, het hy skilderye by die venster uitgeslinger, maar hy het net toegang tot een vertrek in die gebou gehad.”

Al die betrokke kunstenaars is verwittig en genader om hul kunswerke vir skade te kom ondersoek.

“Al die werke is verseker en die kunstenaars kan kom kyk of hulle eise wil indien,” sê Gray.

“Daar is rame wat beskadig is en buite is daar modder en nat gras (waar die skilderye by die venster uit geslinger is). Uitstallers en kopers is hierdeur geraak, en ons moes ’n geleentheid wat Saterdag sou plaasvind, uitstel, maar die uitstalling sal voortgaan.”

’n Glaskabinet is ook verwoes.

Die meeste van die kunswerke is nie beskadig nie.

Volgens Gray het die man hom vroeër die aand as ’n karwag voorgedoen.

“Hy het naby aan die einde van die funksie hier opgedaag. Hy is met die inbraak op die kringtelevisie vasgevang. Hy het ook sy sak en ID-dokument hier gelos.”

Die polisie was Vrydagoggend by die galery, maar dit is nie bevestig of ’n saak aanhangig gemaak is nie.

Die Wunderkammer-uitstalling is Donderdagaand geopen.

Al die kunstenaars het nou na hul werke gekyk.

“Skadevergoeding sal geëis word vir die werke wat onherstelbaar beskadig is, maar baie van die kunstenaars is geïnspireer om hul werk te herbou om steeds hul stories te vertel. Hulle het almal onderneem om hul nuwe of herstelde werk gereed te hê wanneer die uitstalling op 30 November heropen word. Ons is baie dankbaar teenoor die kunstenaars vir hul begrip.”

Die galery hoop om die goeie werksverhouding met die kunstenaars voort te sit.

“Dis baie hartseer, want dit was ’n mooi openingsaand. Dit is die eerste keer dat ons so ’n groot groepuitstalling aanbied. Ons doen baie moeite met die uitstallings en ons dra die belange van ons kunstenaars en ons besoekers op die hart.”

Sommige kunswerke is beskadig in ’n inbraak by die Henry George-galery in Johannesburg.
Meer oor:  Parkhurst  |  Karwag  |  Inbraak  |  Kunsgalery  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.