Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Katslagtings: Dodetal nou al 27

Die dodetal in die slagting van katte in Manenberg, Kaapstad, staan nou al op 27 – met steeds geen leidraad oor wie daarvoor verantwoordelik kan wees nie.

Allan Perrins, woordvoerder van die Dierewelsynsvereniging van Suid-Afrika, sê niemand het al na vorige gekom met geldige inligting nie.

Die Dierewelsynsvereniging het Woensdag ’n beloning van R5 000 aangebied vir enige inligting wat daartoe kan lei dat die individu of individue wat verantwoordelik is vir die wreedheid, vasgetrek kan word.

Die Manenberg-polisiekantoor het Vrydag ’n saak van dieremishandeling geopen.

Perrins sê van die karkasse wat hulle opgegrawe het vir ondersoeke, was net twee bruikbaar. Die ander was te erg ontbind.

“Ons soek nou ’n professionele mening oor of ’n mens of dier verantwoordelik is vir die katte se dood.”

Perrins hoop die ondersoeke op die karkasse kan vinnig afgehandel word.

“Nog twee kateienaars het Maandagoggend hul verklarings by die polisie gaan aflê,” sê Perrins.

Hy was Maandag op besoek aan Manenberg. “Die mense soek antwoorde. Ek hoop die ondersoeke op die karkasse gee ons die deurbraak wat ons nodig het.”

Ons soek nou ’n professionele mening oor of ’n mens of dier verantwoordelik is vir die katte se dood.

Abdul Karriem Adams, ’n inwoner op wie se erf een van die verminkte katte gevind is, sê die aandpatrollie wat hulle ry, het tot dusver niks opgelewer nie.

Adams sê hulle vermoed die katte word vrekgemaak wanneer die aandklokreël geld.

“Mense is bang, want wat gebeur as diegene wat hiervoor verantwoordelik is nie by katte stop nie? Wat as hulle mense volgende aanval?”

Adams is bly dat ander kateienaars wie se katte vermink is, ook nou verklarings by die polisie gaan aflê.

Faiza Jacobs, wat al minstens twee katte verloor het weens die slagtings, sê Manenberg-inwoners is “woedend”.

“Een mens het Maandagoggend op ons kletsgroep gesê ‘as die varke gevang word, moet hul borskaste ook oopgesny word’.”

Mense is bang, want wat gebeur as diegene wat hiervoor verantwoordelik is nie by katte stop nie? Wat as hulle mense volgende aanval?

Jacobs sê nie almal het groot huise of erwe om hul katte of diere binnenshuis te hou nie.

“Mense beweeg op en af, so die diere gaan uitglip. Ek kan nie eens meer snags ordentlik slaap as ek nie my katte sien nie. Dis erg om so te leef, want jy is aanmekaar bekommerd,” sê Jacobs.

Meer oor:  Katte  |  Manenberg  |  Katslagting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.