Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kayamandi: Ooreenkoms vir vrede gesluit

’n Vredesooreenkoms is met rolspelers in die Kayamandi-township in Stellenbosch bewerkstellig ná gewelddadige betogings en grondbesettings in die gebied.

Inwoners van Kayamandi tydens ’n optog deur Stellenbosch. Foto: Jaco Marais

Die betogings is gehou nadat wetstoepassers honderde onwettige plakkershutte op ’n plaas langs dié woonbuurt begin afbreek het. Betogers het Maandag die strate ingevaar, winkels in die gebied geplunder en eiendom beskadig.

Inwoners en die plaaslike owerheid het Woensdag ooreengekom dat geen verdere grondbesettings sal plaasvind nie en dat geen nuwe strukture op private grond opgerig sal word nie.

“Alle partye het ingestem dat indien die voorwaardes nie nagekom word nie, die volle mag van die wet afgedwing sal word,” sê die Stellenbosch-munisipaliteit in ’n verklaring.

Amptenare van die munisipaliteit, die polisie, die balju, gemeenskapsleiers en verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie was almal deel van die samesprekings.

Stuart Grobbelaar, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit het op sy beurt ooreengekom dat dienslewering in die gebied na normaal sal terugkeer.

Verdere gesprekke oor die pad vorentoe word vir 13 Augustus beplan.

“Besprekings sal die grondinterdik en die rol van die munisipaliteit in die grondkwessie insluit,” sê Grobbelaar.

Meer oor:  Kayamandi  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.