Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kêrel ‘lem vrou met sjef-mes’

’n Ontkleedanseres van Centurion se romantiese Kaapse kuier met ’n vriend 20 jaar ouer as sy het amper noodlottig geëindig nadat hy haar na bewering verskeie keer in hul hotelkamer met ’n mes gesteek het.

Mari Marais (27) is tans in die Vergelegen Mediclinic op Somerset-Wes terwyl haar 47-jarige vriend, Carlo Loubser, ná sy inhegtenisneming op borgtog vrygelaat is.

Die rugwonde

Die twee is op 18 Februarie uit Gauteng weg op ’n “spontane padrit” saam met Mari se suster en ’n vriend.

Mari en Loubser het mekaar glo onlangs by ’n ontkleeklub, waar Marais as danser gewerk het, ontmoet. Loubser se vrou is verlede jaar oorlede. Hy was in die vloot en werk tans vir ’n groothandelaar in huisware.

Loubser het glo gehoop dat die liefdesvlam in die Kaapse laatsomer hoër sou brand, het haar suster gister aan Rapport vertel op voorwaarde dat sy nie geïdentifiseer word nie.

Voorverlede week was hulle in die Krystal Beach-hotel in Harbour Island op Gordonsbaai.

Sy het elke aand nagmerries. Dan skree sy: ‘Hy kom vir ons met ’n byl!

Marais se suster vertel hulle het gedurende die week onder meer gaan valskermspring, vlerksweef en snorkelduik.

“Hy wou trou en my sussie wou settle en kinders hê. Ek was so bly, want hulle was op dieselfde level en het gelyk of hulle mekaar aanvul,” sê die suster.

“Loubser het ons tot in die afgrond bederf. Ons was moeg, jissie!”

Tydens een van die kuiertjies wou ’n merkbaar onkapabele Loubser langer kuier. Die res van die groep wou nie en het hom in ’n huurmotor gedruk en is terug hotel toe.

Carlo Loubser en Mari Marais

In die proses het sy selfoon egter weggeraak en dit is waar die moeilikheid blykbaar begin het, vertel Mari se suster.

Sy beweer Loubser het haar suster gedurende die stryery so erg gewurg dat sy besluit het om dié nag haar eie kamer in die hotel te kry. Sy sê Loubser het die heel nag “huilend” by ontvangs probeer uitvind in watter kamer Mari is.

Die volgende dag het hulle almal sonder Loubser tussen die robbe in Houtbaai gaan snorkelduik. ’n Bekaf Loubser het hulle laataand ingewag.

Mari en Loubser is toe na hul kamer.

Omstreeks 3:40 het die suster wakker geword van ’n vrouestem wat skreeu: “Kom! Bloed! Bel die polisie!”

Sy het Mari bloeiend in haar kamer aangetref. Omstanders het die bloeding met handdoeke help stop.

Die suster beweer Loubser het ná die insident probeer vlug, maar is by die ontvangstoonbank voorgekeer en daar gehou totdat die polisie opgedaag het.

“Ek het die moewiese sjef-mes (waarmee sy gesteek is) gesien. Sy is gelem!”

Marais is na die Vergelegen Mediclinic gehaas vir behandeling. Sy was gister nog steeds in die hospitaal weens ’n bakteriële infeksie.

“My sussie het elke aand nagmerries. Dan skree sy: ‘Hy kom vir ons met ’n byl! Sluit toe!’ Dit maak my siek om te sien hoe sy suffer. Sy het nie medies nie en moet alles self betaal.”

Loubser het Donderdag in die landdroshof in die Strand verskyn. Hy is op R5 000 borg vrygelaat en sy paspoort is ingetrek.

Loubser het Vrydag aan Rapport gesê hy wil glad nie oor die voorval kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Carlo Loubser  |  Mari Marais  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.