Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kêrel vas ná moord op tienermeisie

’n 26-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Parys verskyn vir die beweerde moord op sy 14-jarige meisie, Edwinah Bolosha.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, sê die oorledene is die laaste keer op Saterdag 10 Oktober omstreeks 20:00 by haar oom gesien toe sy op pad was om by ’n vriend se huis te gaan oorslaap.

Die oom het Donderdag ’n klag by die Tumahole-polisiekantoor ingedien dat Edwinah vermis word.

Die polisie het toe ’n soekgeselskap byeengekry om na die vermiste tiener te soek.

“Uit vroeë inligting uit die ondersoek het dit geblyk dat die oorledene die laaste keer saam met haar kêrel gesien is. Inligting is opgevolg, waarna Edwinah se lyk in ’n oop stuk veld onder ’n groot hoop rotse gekry is. Dit was sowat 1 km van haar huis af.”

Brig. Motantsi Makhele

’n Saak van moord is geopen, waarna die kêrel in hegtenis geneem is, sê Makhele.

Hy sê ’n nadoodse ondersoek sal gehou word om die oorsaak van haar dood vas te stel.

Die oom sê hy het Edwinah nie onmiddellik as vermis aangegee nie omdat dit nie die eerste keer was dat sy van die huis af verdwyn het sonder om iemand daaroor in te lig nie.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisie-kommissaris, doen ’n beroep op ouers en voogde om dit onmiddellik aan te meld as ’n kind vermis raak weens voorvalle in die provinsie waar kinders, meestal meisies, vermis geraak en later dood gekry is.

Meer oor:  Edwinah Bolosha  |  Parys  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.