Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kerk, slaghuis, 48 kamers se onwettige kragprop uitgetrek

City Power het Maandag op onwettige verbindings van onder meer ’n wooneenheid met 48 kamers, ’n kerk, ’n slaghuis en verskeie supermarkte in die Roodepoort-omgewing, wes van Johannesburg, toegeslaan.

Die wooneenheid het sy elektrisiteit en water van naburige eiendomme verkry. Elektrisiteit van die Golden Meat Basket-slaghuis, die plaaslike Universal-kerk en naburige winkels is ook ontkoppel deur amptenare van die kragvoorsiener wat beslag gelê het op die onwettig gekoppelde kabels.

“Ons het alle ondernemings wat onwettig aan ons netwerk gekoppel is, afgesny,” het Mpho Moerane, lid van die burgemeestersraad vir omgewing en infrastruktuur in Johannesburg, gesê. “Ons gaan die week almal in hierdie omgewing oudit. Ons vra dat alle ondernemings ons moet nader om hul rekeninge reg te stel en weer behoorlik verbind te word,” het hy gesê.

Die Gloden Meat Basket-slaghuis in Roodepoort was Maandag een van die plekke waar amptenare van City Power toegeslaan het.Foto: Ntwaagae Seleka/News24

“Ons wil ’n sterk waarskuwing rig aan almal wat voortgaan om krag onwettig te gebruik. Ons is verplig om onwettige verbindings te verwyder,” het Moerane gesê.

Sommige ondernemings is ’n boete van R30 000 opgelê. “Ek wil nie ontken dat ons amptenare moontlik met sakelui saamkonkel om hulle onwettig van elektrisiteit te voorsien nie. Die stadsraad verloor byna R2 miljard per jaar aan onwettige elektrisiteitsverbindings. Ons wil dit verminder en dit weer in die infrastruktuur belê,” het Moerane gesê.

- News24

Meer oor:  Eskom  |  Roodepoort  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.