Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Khoisan maak stem dik teen bendegeweld

Lede van die Khoisan in die Oos-Kaap het Maandag, drie dae nadat hulle voor die Oos-Kaapse premier se kantoor gekampeer het om die regering se aandag op die voortslepende bendegeweld in Port Elizabeth te fokus, hul memorandum aan ’n afgevaardigde van sy kantoor oorhandig.

Met ’n kis en 80 wit kruise het Christian Martin, ANC-LP in die Oos-Kaapse wetgewer en kampvegter vir die regte van die Khoisan in die provinsie, die afgelope naweek saam met Khoisan-aktiviste voor Phumulo Masualle, premier, se kantoor in Bhisho gekampeer.

Christian Martin, ANC-LP in die Oos-Kaapse wetgewer en kampvegter vir die regte van die Khoisan in die provinsie.Foto: Argief

Die kis is om die mense se lewensomstandighede in die noordelike gebied voor te stel, het Martin gesê. “Hulle is die walking dead.”

Hul doel is om Masualle, en die nasionale regering, van die voortslepende bendegeweld in Port Elizabeth se noordelike voorstede bewus te maak.

Die Khoisan-veldtog het Donderdag in Port Elizabeth begin, toe die kruise langs Stanfordweg, die roete na die hartjie van die bendegebied, geplant is.

Terwyl hulle betoog, het die bendegeweld oor die naweek nog ’n lewe geëis.

Lorroygan Williams (22) is Saterdag omstreeks 05:30 by sy huis in Strelitziastraat in Timothy Valley doodgeskiet, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, bevestig.

Altesaam 75 mense is die afgelope ses maande weens bendegeweld in Port Elizabeth se noordelike gebiede vermoor.

Met die bekendmaking van dié syfers was nog vyf mense binne vyf dae die slagoffers van bendegeweld.

Die kruise dien as eerbetoon aan elke slagoffer.

Martin sê in die memorandum hy wil die ANC bedank vir die besluit om standpunt in te neem teen die geweld.

“Die party se bereidwilligheid om met die gemeenskap saam te span, om die sinnelose moorde die nekslag toe te dien, verdien lof.”

Meer oor:  Christian Martin  |  Phumulo Masualle  |  Bhisho  |  Bendegeweld  |  Misdaad  |  Khoisan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.