Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kind (2) deur kamervenster doodgeskiet

’n Peuter is dood nadat verskeie skote deur ’n toe kamervenster van ’n huis in Port Elizabeth geskiet is.

Onica Dyonasi (2) is Woensdag noodlottig gewond in die skietery in Canarystraat, Booysenspark.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Onica, haar 39-jarige ma en sesjarige boete geslaap toe die skote kort voor middernag geklap het.

Die ma is in haar maag gewond en die seun in sy been en albei was Donderdag nog in die hospitaal.

Naidu sê die aanvallers het weggehardloop sonder om iets te steel.

Hoewel daar gerugte is dat die ma familiebande met ’n bendelid in die noordelike voorstede het, sê Naidu die polisie het nog geen inligting of bewyse dat dit wel die geval is nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en opdrag gegee dat die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking tree sodat die skieters vasgetrek kan word.

Sy het die gemeenskap verseker die polisie sal onverpoos werk om ’n deurbraak in hul ondersoek te maak.

Enigeen met inligting word versoek om speur-konst. Ralton Tarentaal by 082 442 1633, of die Bethelsdorp-polisiekantoor by 041 404 3005 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.