Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kind (4) sterf in Hillbrow toe verdagte van polisie wegjaag

’n Kind is Dinsdag in Hillbrow dood toe ’n verdagte van die polisie wou vlug.

Die 32-jarige Volvo-bestuurder het ’n versoek deur die polisie om stil te hou verontagsaam en weggejaag waarna hulle hom agternagesit het.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die man het beheer oor sy voertuig verloor en teen ’n kombi gebots. Hy het drie mense tydens die jaagtog raakgery.

“ ’n Vierjarige kind is op die toneel dood. Nog ’n kind en dié se ma is na ’n hospitaal geneem,” sê Makhubela.

Die verdagte het ná die ongeluk probeer weghardloop, maar is in hegtenis geneem.

Die polisie het sy voertuig deurgesoek en op vier ongelisensieerde vuurwapens afgekom. Een daarvan is ’n AK-47-aanvalsgeweer asook ammunisie. Daar is ook vasgestel dat die voertuig onlangs in die Ekurhuleni-metro gekaap is.

Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit gebruik is om ernstige en geweldsmisdade in die provinsie te pleeg.

Die man sal binnekort in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Meer oor:  Hillbrow  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.