Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kind fnuik ‘amperse ontvoering’ in Kaap

Toe ’n boosdoener Maandagmiddag voor ’n Kaapstadse skool in ’n motor klim en daarmee wegry, het die kind in die voertuig blitsvinnig gedink en uitgeklim.

Dié drama het hom omstreeks 14:50 by die Habibia Primary School in Rylands naby Athlone afgespeel.

Die skool het ouers in ’n kennisgewing oor die voorval ingelig en gesê die kind is ongedeerd en die polisie is in kennis gestel.

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die provinsie, se kantoor sê dit lyk nie asof dit ’n poging tot ontvoering was nie, maar eerder ’n opportunistiese diefstal.

Volgens Kerry Mauchline, Schäfer se woordvoerder, het ’n ouer uit die voertuig geklim om ’n leerling nader aan die skoolhek in te wag. Die motordeur was oop en die sleutel was in die aansitter, wat klaarblyklik net te veel van ’n uitnodiging vir die dief was.

Dié het ingeklim en weggery.

“Daar was egter nog ’n kind in die motor. Gelukkig het die kind uitgeklim. Die kind is veilig en is nie tydens die voorval beseer nie.”

Die voertuig het donker ruite en dis moontlik dat die dief nie besef het daar sit ’n kind in die voertuig nie.

Netwerk24 verneem die kind het binne enkele meter nadat die dief begin ry het, uit die motor geklim.

Mauchline sê hoewel die voorval nie op die skoolterrein plaasgevind het nie, word berading aan die ouer en kind gegee.

Ao. Joseph Swartbooi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n klag van motordiefstal is by die Athlone-polisiekantoor aanhangig gemaak.

“Hierdie kantoor het geen rekord van ’n ontvoering nie, maar ons kan wel bevestig dat ’n klag van motordiefstal Maandag aanhangig gemaak is nadat ’n motor in Rylands gesteel is.”

Meer oor:  Athlone  |  Kaapstad  |  Kind  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.