Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kind vermoor: Verdagte vlug van KZN na Oos-Kaap

’n Moordverdagte wat na bewering ’n kind in Phoenix, Durban, vermoor het, is in die Oos-Kaap vasgetrek.

Lt.gen. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê die 31-jarige verdagte is by die polisiekantoor in Phoenix in aanhouding.

Volgens Zwane is die lyk van ’n eenjarige seuntjie op 2 April in ’n oop veld by die doodlooppunt van Loft Manor en Trenance Manor in Phoenix gevind.

Die kind het glo op 30 Maart vermis geraak. Hy is by die Inanda-polisiekantoor as vermis aangemeld. Zwane sê polisiebeamptes se ondersoek het hulle gelei na die Oos-Kaap, waar die verdagte in hegtenis geneem is.

Hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Verulam verskyn.

Meer oor:  Phoenix  |  Durban  |  Moord  |  Voortvlugtig  |  Verdagte  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.