Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinderhuis loop deur onder misdaad

’n Direkteur van ’n kinderhuis het in minder as ’n week gevoel hoe die loop van ’n geweer in haar mond gedruk word én gehoor hoe drie van haar kinders ontvoer en aangerand is.

Booswigte het Vrydag by die TLC-Kinderhuis in Bronkhorstfontein naby die Eikenhof-plakkerskamp suid van Johannesburg ingebreek en is weg met R17 000. Woensdagaand het kapers drie van haar seuns in ’n gekaapte ambulans ontvoer.

Thea Jarvis (66), direkteur van die kinderhuis, is dankbaar almal is ongedeerd.

“Die R17 000 was vir ’n nuwe pomp vir die kinderhuis bedoel.”

Twee buitelandse vrywillige werkers by die tehuis is verlede Vrydag vasgebind toe rowers ingebreek en die huis se kluis gesoek het.

“Iemand het in die vroeë oggendure my wakker gestamp en my hande geboei. ’n Man het ’n geweer teen my kop gedruk en later in my mond,” sê Jarvis.

Daar is 60 kinders tussen vyf dae tot 18 jaar oud in die tehuis.

“Toe die man, wat heeltyd aangedring het dat ek vir hom sê waar die kluis is, uiteindelik die geweer uit my mond haal, het ek so hard as moontlik geskree.”

Jarvis meen die harde geskree het die boewe laat spaander.

“Ek het gebid dat my seuns my hoor. Hulle het onmiddellik, met ’n reuse-oorlogskreet by die trappe afgehardloop en die booswigte verdryf.”

Jarvis is die ma van 12 aangenome kinders wat saam met haar op die kleinhoewe bly.

“Woensdagaand, skaars ’n paar dae ná die eerste inbraak, het kapers in ’n ambulans drie van my ouer seuns ontvoer om te probeer uitvind waar al ons geld is, maar ons het nie juis baie geld nie. Die R17 000 was die een keer om die pomp kontant te koop.”

Ek is moedeloos vir die misdaad, maar dit volg ’n mens oral. My veiligheid is ontneem en al my 60 kinders se veiligheid was in gedrang. Dit is nie lekker om te weet nie.

Sy oorweeg nou om die kinderhuis te sluit en na ’n ander plek te trek, maar meen dit sal net so erg wees.

“Ek is moedeloos vir die misdaad, maar dit volg ’n mens oral. My veiligheid is ontneem en al my 60 kinders se veiligheid was in gedrang. Dit is nie lekker om te weet nie.”

Twee veiligheidsmaatskappye het aangebied om ’n oog oor die kinderhuis te hou. “Mense het ons al die hele dag ondersteun en daar is sprake dat ons sterker deure en strenger veiligheidsmaatreëls gaan toepas.

“Mense moet weet, ek is nie ’n bangbroek nie, maar as jy my kinders se veiligheid in gevaar stel, raak jy aan ’n sensitiewe plek.”

Sy sê hierdie gevalle skrik die buitelandse vrywilligers af.

“Een meisie het al vanoggend haar tasse gepak en die pad gevat. Ons het hulle nodig.”

Jarvis se drie kinders ontvang berading na die voorval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.