Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinders ‘bly’ verdagte is vas ná moord op pa

Die drie kinders van die vermoorde konst. Pieter de Lange (30) van Polokwane is bly dat een van hul pa se vermeende moordenaars agter tralies is.

Nelmarié de Lange sê sy hou haar kinders ingelig van die gebeure ná hul pa se dood. “Ek het hulle vertel en hulle is bly dat ’n man vir hul pa se dood gevang is.”

Konst. Pieter de Lange van Polokwane en sy vrou, Nelmarié. Foto: Verskaf

Die egpaar het drie laerskoolkinders, JJ (11), Christiaan (9) en Mieke (7).

Phuti Mehlape (31) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Seshego buite Polokwane op ’n aanklag van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig verskyn.

Die Valke het hom Vrydagaand in ’n huis in Seshego in hegtenis geneem.

Hulle soek na nog drie verdagtes wat glo betrokke was by die koelbloedige moord op De Lange.

Nelmarié de Lange saam met Mieke (7), Christiaan (9) en JJ (11). Foto: Amori Photography

“Dit is iets om voor dankbaar te wees dat daar darem al een man gevang is,” sê Nelmarié.

De Lange is op 8 November geskiet terwyl hy besig was met ’n ondersoek na dwelmhandel in Bulawayostraat in Ladanna. Hy was verbonde aan die Westenburg-polisiekantoor en het saam met ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) naby ’n plek waar vragmotors gereeld oornag staan, in ’n motor gesit.

Twee motors met minstens vier mense daarin het na hulle toe gery en op De Lange begin skiet voordat hulle weggejaag het.

Konst. Pieter de Lange (30) van Polokwane is in November vermoor. Foto: Verskaf
Nelmarié en haar man, konst. Pieter de Lange. Foto: Verskaf

Hy is swaar gewond en is op pad na die hospitaal dood.

Die polisie het later die aand ’n BMW, waarin van die vermeende moordenaars was, naby Ladanna gekry.

Nelmarié en haar drie kinders het kort voor Kersfees foto’s van hulself met hul pa se polisiebaadjie en pet geneem in ’n gebaar om hom te eer.

“Hy sal altyd deel wees van ons en ek sal hom eer tot die dag wat ek doodgaan,” sê Nelmarié.

Mehlape bly in aanhouding en sal volgende Dinsdag weer in die landdroshof in Seshego verskyn.

Konst. Pieter de Lange (30) en sy dogter, Mieke, 'n paar jaar gelede. Foto: Verskaf
Meer oor:  Polokwane  |  Moord  |  Hofverskyning  |  Konstabel  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.