Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Kinders getraumatiseer’ ná rooftog by kunsskool
Mandisi Sindo, eienaar van die teater- en kunsskool. Foto: Facebook/Mandisi Disi Sindo

Ongeveer 100 mense, waarvan die meeste kinders, is Saterdagmiddag deur gewapende mans gyselaar gehou en beroof by ’n teater- en kunsskool in Khayelitsha.

“Ons was besig om gereed te maak vir ’n vertoning Sondag toe ses mans met wapens binnestorm en alles steel wat aan my, my studente en my gesin behoort,” sê Mandisi Sindo, eienaar van die Shack Art School & Theatre in Khayelitsha.

“Wie beroof op aarde ’n onbefondste rehabilitasiesentrum en kunsskool? Vir die eerste keer is ons beroof, en een van ons kinders wat doof is, moes na ’n hospitaal geneem word vir hartversaking,” sê Mandisi op Facebook. Die seun het glo inmekaargesak.

Hy kon nie bereik word vir meer besonderhede oor die dowe leerling se toestand nie, aangesien sy selfoon gesteel is. Ook kameras, skootrekenaars, bankkaarte en kontant is gebuit.

“Ek doen gemeenskapsontwikkeling en help jong mense om hul drome waar te maak, maar ek het nooit gedink dat iemand eendag wapens op my sal rig nie.

Wie beroof op aarde ’n onbefondste rehabilitasiesentrum en kunsskool?

“Ek is baie hartseer vir die kinders wat hierdie traumatiese oomblik moes beleef.”

Volgens Mandisi het een van die studente geskreeu “staan terug” terwyl meer as 40 kinders tussen 8 en 14 jaar oud hopeloos gehuil het.

“Die senior studente (waarvan die oudstes ongeveer 25 is) is onbeskof gevra om stil te sit as hulle nie geskiet wil word nie,” sê Mandisi.

Twee van die mans het wapens op Mandisi gerig terwyl die res van die rowers elektronika en geld bymekaargemaak het.

“Onthou, sommige van hierdie seniors was voorheen skollies en ons het hulle van sulke dade gered. Hulle is nou kwaad.”

Liso Somila Toyi Sindo, Mandisi se vrou, het by die gebou uitgehardloop toe sy die rowers sien. “Dit was ’n moeilike besluit om my man en die kinders agter te laat, maar ek het gehardloop vir my lewe.”

Mandisi sê: “Vir almal wat my in die hande wou kry, voorleggings wou hê en diegene wat gewag het vir die werk wat ons besig was om te skiet – jammer dat ek alles vir ’n oomblik moet los om asem te haal. My toerusting is weg.”

Die feit dat mense na so ’n veilige ruimte kan kom wat die hele gemeenskap help, en ons beroof, wys hoe wreed die wêreld is.

Hy vra mense vir hulp om maatskaplike werkers of beraders in die hande te kry om die groep hartseer kinders te help.

“Ons veilige ruimtes in Khayelitsha is nie veilig nie,” sê hy. “Asseblief, wees waaksaam en versigtig.”

Liso sê: “Die feit dat mense na so ’n veilige ruimte kan kom wat die hele gemeenskap help, en ons beroof, wys hoe wreed die wêreld is. Geen menslikheid, hoegenaamd geen genade nie. Dankie God vir U ewigdurende beskerming.”

Die polisie in Harare, Khayelitsha, ondersoek ’n saak van sakeroof. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word vriendelik versoek om die ondersoekbeamptes, speurder-kaptein Van Niekerk by 082 469 6250 of speurder-kaptein Sidiya by 073 600 3431, te kontak.

Alternatiewelik kan hulle die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.