Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinders sien hoe hondjie in pa se hande geskiet word

Twee kinders van onderskeidelik 12 en 14 jaar oud moes Vrydagmiddag op die kleinhoewe Kareepoort, buite Brits, toekyk hoe rowers hul geliefde skoothondjie in hul pa se hande doodskiet.

Kol. Adèle Myburgh, woordvoerder van die polisie in Noordwes, sê vier gewapende mans het die pa en sy twee tienerjarige kinders Vrydag omstreeks 18:00 op die kleinhoewe in hul huis oorval.

“Die vier rowers het ingekom by 'n deur wat nie gesluit was nie,” sê Myburgh.

Sy sê die 50-jarige man en sy kinders pas die kleinhoewe op. Die man is nie die eienaar van dié hoewe waarop daar nie geboer word nie.

“Die pa en sy twee kinders het TV gekyk toe hulle skielik oorval is.

“Twee van die vier mans was met pistole gewapen en een het ’n haelgeweer gehad,” sê Myburgh.

Sy meen dit moes uiters traumaties vir die drie gewees het toe een van die verdagtes losbrand en hul hondjie in die pa se arms doodskiet.

“Die rower het baie goed geskiet, aangesien hy net die hondjie raakgeskiet het en nie die pa ook nie.

“Dit was waarskynlik omdat die hondjie histeries aan die blaf gegaan het,” sê Myburgh.

Sy sê elektriese ware ter waarde van sowat R46 000, wat ’n mikrogolfoond, televisie, rekenaar, klanktoerusting en selfone insluit, is gesteel.

Die mans het weer by die deur uit met die goedere gevlug. Nie die pa of kinders is leed aangedoen nie.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting die speurder, kapt. Bushy Mmatli, by 079 222 8954 moet bel.

Meer oor:  Brits  |  Hoewe  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.