Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinders weet nie ouers lê dood in huis

Die lyke van ’n man en vrou is Saterdagoggend in hul slaapkamer in die Makhado-distrik naby Thohoyandou in Limpopo gevind.

“Die kinders het glo Vrydagaand ’n geluid uit hul ouers se kamer gehoor, maar het niks vreemds vermoed nie,” sê die polisie in ’n verklaring.

Die ouers het die oggend nie uit hul kamer gekom nie. Die deur was gesluit en die kinders kon hulle nie bereik nie. Hulle het om hulp geroep.

“Die deur is oopgedwing en die paartjie is dood gevind.”

Die 40-jarige man het in ’n plas bloed gelê met ’n koeëlwond aan sy kop en ’n vuurwapen in sy hand.

Die vrou (34) wat langs hom gelê het, is in die bolyf geskiet.

“Die motief vir die voorval is nie in die stadium bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

“Die polisie het sedertdien moordsake en geregtelike doodsondersoeke geopen, wat steeds ondersoek word.”

Die polisie sê hy veroordeel huishoudelike geweld, wat luidens die verklaring algemeen in dié provinsie is.

Mense wat hulle in konfliksituasies bevind, kan gewelddadige voorvalle voorkom deur professionele hulp by die naaste owerheid te kry.

Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Dood  |  Kinders  |  Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.