Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinnear-saak: Prokureur stem in tot foto’s van oud-rugbyspeler

Die regsverteenwoordiger van die man wat Vrydagoggend in die landdroshof in Bishop Lavis in verband met lt.kol. Charl Kinnear se moord verskyn, het gesê hulle het geen probleem daarmee as foto’s in die hof van die man geneem word of sy naam gepubliseer word nie.

Eric Bryer, sy prokureur, het gesê die 39-jarige man was reeds Maandag vir ondervraging ingeneem.

Hy is na die Germistonse polisiekantoor geneem vir ondervraging. Daarna is hy in die Midrand-polisiekantoor aangehou totdat speurders van onder meer die bende-eenheid en die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad Dinsdagnag met hom na die Wes-Kaap gereis het.

Eric Bryer, die beskuldigde in die Kinnear-moordsaak se regsverteenwoordiger, spreek die media toe. Foto: Jaco Marais

Bryer het gesê hy het nog nie die klagstaat gesien nie, maar die aanklag teen hom is tans moord. Volgens hom kan dit egter verander.

Hy het gesê sy kliënt is sowat drie uur lank in Germiston ondervra. Hy was by.

Speurders van die Valke wou sy kliënt weer in Kaapstad ondervra, maar hy het opdrag gegee dat hy nie ondervra word as hy nie by is nie.

Bryer het gesê hulle gereed is om ’n borgtogaansoek te bring, maar dit sal van die staat afhang.


 

10:23

Die klagte teen Zane Kilian

Moord, sameswering en die onwettige onderskepping van selfoonkommunikasie.

Dit is die voorlopige aanklagte waarop Kilian teregstaan.

Kilian is verlede Dinsdag in Springs aan die Oos-Rand in verband met Kinnear se moord  in hegtenis geneem. Die staat voer aan hy het Kinnear se foon van 20 Maart tot 18 September onwettig nagespoor.

Die saak teen hom is tot 5 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. Hy is in aanhouding by die Bellville-polisiekantoor.

Meer oor:  Kinnear-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.