Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kinnear se selfoonsein glo weke lank nagespoor voor moord

Lt.kol. Charl Kinnear, speurhoof van die Wes-Kaapse bende-eenheid, se selfoon is vir weke voor sy moord op selfoonmaste nagespoor om sy bewegings dop te hou.

Vrydag het die nasporing van sy selfoonsein kort ná 08:00 begin. Dit is volgens betroubare bronne gestaak kort voordat hy by sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, deur ’n gemaskerde man in ’n rooi-kappietop doodgeskiet is.

Kinnear het toe pas voor sy huis stilgehou. Hy is vermoedelik meer as vyf keer raakgeskiet – meestal in sy bolyf – en is op die toneel dood.

’n Bron het Saterdag gesê die Valke het die inligting oor die nasporing van Kinnear se selfoon kort ná die sluipmoord aan sy bevelvoerder, maj.genl. Andre Lincoln oorgedra.

kinnear
Die misdaadtoneel in Sidneyvale, Bishop Lavis, waar lt.kol Charl Kinnear, Vrydag doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais

Die bron het gesê die enigste afdeling in die polisie wat ’n selfoonnetwerk kan opdrag gee om iemand se selfoon te “volg”, is misdaadintelligensie.

Lt.kol.Charl KinnearFoto: Verskaf

“Of hulle het ’n ‘grabber’ gebruik,” is daar gesê.

“En ons weet hoe onwettig van die Wes-Kaapse misdaadintelligensielede te werk gaan,” het die bron gesê.

“Hulle het mense wat vir die selfoonnetwerke werk wat die toegang onwettig vir hulle verkry.”

Dit is glo nie die eerste keer dat Kinnear se bewegings deur sy selfoon gevolg is nie.

Volgens die bronne het kollegas by misdaadintelligensie ook al in die verlede op die selfone van Kinnear, Lincoln, maj.genl. Jeremy Vearey en brig. Cass Goolam gespioeneer.

Ook die inligting is volgens bronne aan maj.genl. Mzwandile Tiyo, misdaadintelligensie se hoof in die Wes-Kaap, oorgedra.

Die polisie se kommentaar oor hierdie bewerings is versoek en sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Charl Kinnear  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.