Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kitsbank met hoekslypers oopgedwing

Die polisie is op soek na minstens sewe mense wat ’n kitsbank in Port Elizabeth met hoekslypers oopgesny en besteel het.

Die vulstasie in Njoli Square in New Brighton was Dinsdagoggend deur die polisie afgesper.

Die groep mans het hoekslypers gebruik om twee deure en die kluisdeur van ’n Capitec-kitsbank by ’n vulstasie in Njoli Square, New Brighton, oop te sny.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê dit is nog onduidelik hoeveel, indien enige geld gevat is. Die bank moet dit nog ondersoek.

Die kitsbank se kluisdeur is Dinsdagoggend oop en met ’n gat uitgesny aangetref.

Die vulstasie sluit om 22:00 en die voorval het in die nag gebeur.

Werkers van die vulstasie het Dinsdagoggend die kitsbank se kluisdeur oop en met ’n gat in die middel aangetref. Verlengingskoorde is op die toneel agtergelaat.

Op video’s van die sekuriteitskameras kan gesien word hoe sewe mans die verlengingskoorde vir hul hoekslypers aanlê, waarná hulle die kluis oopsny.

Beetge sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  New Brighton  |  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.