Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kitsbank-rowers hou wag ure lank gyselaar

’n Groep gewapende rowers het ’n veiligheidswag in Tweespruit in die Vrystaat ure lank gyselaar gehou terwyl hulle ’n kitsbank oopgebreek en die geld gesteel het.

Agt rowers het Sondagaand net ná 23:00 by die FNB-kitsbank in die middedorp opgedaag en die wag vasgebind en gyselaar gehou.

Volgens inligting het hulle hom gedwing om elke uur te rapporteer dat alles nog in orde is terwyl hulle die kitsbank met ’n hoekslyper oopgesny het.

Die rowers het net ná 05:00 gevlug.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die rowers het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* In ’n ander voorval Sondag omstreeks 04:10 het vyf mans by die Bimbos-vulstasie in Theunissen opgedaag en hul wit Audi vol brandstof gemaak voordat hulle die kluis opgeblaas het.

Makhele sê die rowers, wat met aanvalsgewere en pistole gewapen was, het klapmusse gedra toe hulle by die vulstasie se winkel in is en die kluis met plofstof opgeblaas het.

Geen skote is geskiet nie en die rowers het met ’n onbekende bedrag kontant in die Audi, met ’n Mpumalanga-nommerplaat, gevlug.

’n Klag van sakeroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Tweespruit  |  Kitsbank  |  Rowers  |  Gyselaar  |  Misdaad  |  Wag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.