Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klag teen boer oor h-woord

Die polisie ondersoek ’n klag van crimen injuria teen ’n boer (22) van Groot-Brakrivier omdat hy na bewering na ’n werker as ’n “h****tjie” verwys het.

Die bewerings het aan die lig gekom toe plaaswerkers die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) daaroor ingelig het.

Dawid Kamfer by die polisiekantoor in Groot-Brakrivier.

Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa, sê die plaaswerker het die klag op 15 November ingedien.

“Ons het ondersoek ingestel na die bewerings. Twee weke gelede het dieselfde glo gebeur toe die boer sy plaaswerkers na George vervoer het. Die mense moes glo terugstap Groot-Brakrivier toe omdat die boer nie sy foon beantwoord het nie.”

Volgens Kamfer is die h-woord ’n skending van die plaaswerker se regte en die gebruik daarvan onaanvaarbaar. Icosa het die saak by die Menseregtekommissie aangemeld. Kamfer het ook ’n brief aan die polisie in Groot-Brakrivier gerig om die saak te bespoedig, omdat dit onder sy aandag gekom het dat daar blykbaar in die afgelope drie weke sonder sukses probeer word om die boer in die hande te kry.

Die ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Die saak teen Frik Muller, ’n boer van Herbertsdale naby Mosselbaai, wat na bewering probeer het om ’n plaaswerker se huis met ’n trekker om te stoot terwyl daar mense in die huis was, is tot 5 Maart 2019 uitgestel. Muller bly in aanhouding. Hy is vroeër borgtog geweier en het op 21 November weer in die hof verskyn.

Hy word aangekla van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Hy is op 4 Maart vanjaar in hegtenis geneem. Hy het na bewering op 25 Februarie ’n woordewisseling gehad met Hilton Levendal, ’n plaaswerker wat vroeër vir hom gewerk het. Levendal, sy lewensmaat, Maria Morris, en haar tienerseun was in die huis toe Muller probeer het om dit met ’n trekker te sloop.

Icosa ondersteun die Levendal-gesin en het vroeër in ’n versoekskrif gevra dat borgtog aan Muller geweier word.

Meer oor:  Icosa  |  Dawid Kamfer  |  Groot-Brakrivier  |  Crimen Injuria  |  Polisie-Ondersoek  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.