Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klag teen spesialis-dokter by polisie ingedien

’n Klag van seksuele aanranding is ingedien teen ’n spesialis-dokter in Port Elizabeth wat deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) vir beweerde wangedrag ondersoek word.

Die dokter wat in die Netcare Greenacres-hospitaal in die stad gepraktiseer het, is onlangs tydelik geskors hangende die uitkoms van die HPCSA se ondersoek.

Netwerk24 het vroeër berig die ondersoek kom nadat drie pasiënte glo klagte van wangedrag teen hom ingedien het.

Dinsdagmiddag is die eerste klag in verband met die saak by die polisie aanhangig gemaak.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n 39-jarige vrou het ’n saak van seksuele aanranding by die Mountweg-polisiekantoor teen die betrokke dokter aanhangig gemaak. Die voorval het volgens die klaagster glo in Februarie vanjaar gebeur.

Dit is ’n sensitiewe saak en daarom kan geen verdere inligting bekend gemaak word nie, sê Naidu.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings ondersoek die saak en teen Woensdagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Fezile Sifunda, woordvoerder van die HPCSA, het intussen gesê die dokter se verhoor sal waarskynlik voor die einde van November plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.