Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klag teen vermeende fopnuus-verspreiders ingedien

Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het gesê hy gaan ’n klag aanhangig maak teen diegene wat fopnuus oor die Covid-19-virus versprei.

Motsoaledi het ná afloop van pres. Cyril Ramaposa se afkondiging van die nasionale staat van inperking op die inter-ministeriële voorligtingsessie gepraat.

Hy het gesê drie mense is reeds geïdentifiseer wat die vermeende bronne was van twee artikels wat vals nuus bevat en wyd op sosiale platforms gedeel is.

Gevalle

In die fopnuus-artikels word beweer dat Chinese by die Lebombo-grenspos op verdagte wyse die land probeer inkom het nadat hulle op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg toegang geweier is.

In die berig word Suid-Afrika ’n piesingrepubliek genoem.

In ’n volgende fopnuus-artikel word beweer dat Japanners, wat na Mosambiek gevlieg het, deur middel van omkopery toegang tot Suid-Afrika probeer kry het.

Die minister het gesê hy is bekommerd dat die fopnuus meer skade as die virus self kan aanrig want dit veroorsaak onnodige kommer by die publiek.

“Om hierdie rede, en omdat ons die oorspronklike bron geïdentifiseer het, het ek my owerhede opdrag gegee om ’n klag by die polisie teen die mense in te dien.

“Dit is die eerste toetslopie vir die vervolging van diegene wat fopnuus versprei,” het hy gesê.

Die inkriminasie van die moedswillige verspreiding van fopnuus het kort ná die afkondiging van die nasionale staat van inperking in werking getree.

Meer oor:  Fopnuus  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.