Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klagstaat teen vermeende kaper nou heelwat langer

’n Vermeende motorkaper, Edwin Mohapi (35), is weer deur die polisie aangekeer nadat hy met nog motorkapings in Bloemfontein en Welkom verbind is.

Mohapi is in Januarie vanjaar in hegtenis geneem, maar het sedert hy borgtog gekry het tussen neus en ore verdwyn.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Mohapi is verlede week by sy vriendin se huis in Bloemfontein in hegtenis geneem op klagte van voertuigkaping, die besit van gesteelde voertuie en motordiefstal.

Welkom se eenheid vir voertuigmisdaadondersoeke het saam met hul eweknieë in Parkweg, Bloemfontein, gewerk om Mohapi op te spoor.

Makhele sê die polisie kan Mohapi tans met verskeie motorkapings in Bloemfontein asook die groter Lejweleputswa-distrik verbind.

Mohapi is die eerste keer op net een klag van motordiefstal in hegtenis geneem, maar meer misdade word nou met hom verbind.

Makhele sê Mohapi het op 25 September in die landdroshof in Welkom verskyn en moet weer op 1 Oktober in die hof wees.

Hy word tans in Welkom op drie aanklagte van motorkaping, twee in Welkom en een in Bronville, aangekla.

Al drie dié voertuie is weer gevind.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat hy by nog misdade betrokke was.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die polisielede gelukgewens wat Mohapi ’n tweede keer kon vastrek.

Meer oor:  Edwin Mohapi  |  Welkom  |  Bloemfontein  |  Vermeende Kaper  |  Motorkapings  |  Klagstaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.