Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klant en rower dood in skietery in winkel in Pta
Polisie sper die misdaadtoneel voor die Compuport-winkel in Soutpansbergweg, Pretoria, af waar ’n oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Foto: Verskaf

Twee mense is Donderdag in ’n oor-en-weer-skietery in Queenswood, Pretoria, dood.

Netwerk24 kon vasstel dat ’n onbekende aantal rowers omstreeks 13:00 op die Compuport-rekenaarwinkel in Soutpansbergweg toegeslaan het.

’n Klant en ’n rower is noodlottig gewond.

Volgens die polisie het drie gewapende rowers die winkel binnegekom en 12 mense in die winkel aangehou, onder wie personeellede en klante.

Die rowers het selfone en kontant van die klante en personeel geëis.

Een persoon, wat glo geweier het om sy besittings aan die rowers te oorhandig, is koelbloedig doodgeskiet.

Die eienaar het uit sy kantoor gekom om ondersoek in te stel toe hy die skote hoor.

Hy het gesê die rowers moet hom na sy kantoor volg sodat hy vir hulle geld kan gee.

In die kantoor het ’n skietery ontstaan toe die eienaar sy vuurwapen uitpluk en op die rowers losbrand. Die eienaar is in die onderlyf gewond. Een rower is doodgeskiet. Nog een is gewond en op die toneel in hegtenis geneem. Die derde rower het gevlug.

Compuport kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Queenswood  |  Pretoria  |  Rower  |  Skietery  |  Skietvoorval  |  Klant  |  Winkelrooftog  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.