Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klant gee homself oor wat motorhandelaar glo skiet

’n Groot groep mense het Maandagmiddag laat by Speedy Car Sales in die Klerksdorpse middestad saamgedrom terwyl forensiese ondersoekers die toneel gefynkam het waar ’n motorhandelaar vroeër die middag doodgeskiet is.

Faruk Dangor (links) en sy seun, Mohammed.Foto: Verskaf

Die 30-jarige man is Mohammed Dangor, seun van die eienaar van dié motorhandelaar, Faruk Dangor.

’n Klant, wat vermoedelik ontevrede was oor ’n kooptransaksie, het Dangor jr. glo vroeg Maandagmiddag binne die vertoonlokaal van die onderneming doodgeskiet en twee ander mense gewond, maar dis nie seker hoe ernstig nie.

Die 37-jarige vermeende skieter het homself ná die skietery aan die polisie oorgegee en is nou in aanhouding, het kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Dit was Maandagmiddag laat nie seker of die man Dinsdag of Woensdag in die plaaslike landdroshof sou verskyn nie. Die polisie ondersoek ’n aanklag van moord en twee van poging tot moord.

Botma het gesê die skietery het na bewering gebeur terwyl die verdagte in ’n argument met werknemers by die handelaar gewikkel was, vermoedelik oor ’n kooptransaksie.

Netwerk24 verneem betroubaar Faruk was tydens die skietery in KwaZulu-Natal en het ná die doodstyding van sy seun hom na Klerksdorp gehaas.

Volgens die bron was Mohammed ’n bekende in renjaerkringe.

Hy sê die verdagte was Maandag blykbaar lank by die handelaar en ongelukkig oor ’n Mercedes-kooptransaksie. Die twee gewondes is glo onderskeidelik ’n bestuurder by die motorhandelaar en die ander ’n sakeman wat toevallig by die Dangors se onderneming was. Laasgenoemde is glo met die Dangors bevriend.

Omstanders het Maandagmiddag op die toneel gesê Faruk is ’n bekende sakeman in die omgewing en dat hy talle ondernemings besit.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Skietvoorval  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.