Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klapmuts: 2de inbraak in 2 dae

Jeff Steadman sidder om te dink wat met sy suster en haar dogters sou gebeur het as hy nie Donderdagoggend opgedaag het terwyl daar by hulle ingebreek is nie.

Steadman se suster, wat nie haar naam genoem wil hê nie, is Donderdag omstreeks 02:00 op ’n kleinhoewe in Klapmuts naby Stellenbosch beroof. Steadman se huis is ’n ent weg van sy suster s’n af op die kleinhoewe Longacres op die Protea-pad.

Jeff Steadman staan by die agterdeur van die huis waarby daar ingebreek is. Foto: Jaco Marais

Dit kom nadat Joubert Conradie (47) slegs twee dae tevore op sy plaas Uitkyk naby Klapmuts vermoor is.

“Ons het gehoor die honde begin blaf en ’n flitslig deur die venster gesien skyn,” sê Steadman se suster.

Die inbrekers het aan die deur begin kap. Die vrou en haar tweelingdogters (15) het gegil en die lig aangeskakel. “Ons het gedink dit sal hulle laat weghardloop, maar hulle het net harder aan die deur gekap,” sê sy.

Die drie het vir Steadman gebel en hulself in die slaapkamer toegesluit. Hulle het aangehou gil en gehoor hoe die deur oopgebreek word en die huis binnegedring word.

Die inbrekers het die deur van die kamer waarin hulle toegesluit was probeer oopbreek, maar Steadman het net betyds op die toneel opgedaag.

“Ek het vir hom geskree dat daar meer as een inbreker is, maar dit het skielik stil geword en ek het gehoor hoe my broer vra: ‘Is jul ouens oukei?’”

Haar handsak, ’n rekenaar en twee iPads is gesteel.

Die agterdeur van die huis waarby daar ingebreek is. Foto: Jaco Marais
Die polisie neem vingerafdrukke by een van die deure wat oopgebreek is. Foto: Jaco Marais

Steadman sê die inbrekers het die agterdeur en veiligheidshek oopgebreek en probeer om die slaapkamerdeur ook oop te breek toe hy met sy hond en gaspistool daar aankom.

“Hulle was bang en het blitsvinnig verby my by die deur uitgehardloop. Die hond is agter hulle aan,” sê hy.

“Ek weet nie wat sou gebeur het as hulle by die slaapkamer ingekom het nie, gelukkig was ek net betyds.”

Hy het die polisie geprys vir hul vinnige optrede. Die polisie het die voorval bevestig en gesê die saak word ondersoek.

Meer oor:  Klapmuts  |  Aanval  |  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.